Afrikaans Resources How to read step by step : Afrikaans Resources

Afrikaans: Lees Stap-vir-Stap

Al die boekies is prettig en kleurvol geïllustreer deur die skrywer en in Kleutervriendelike Skrif©, wat ook die beste lettertipe is om te gebruik vir kinders met disleksie. Laai die bladsye af en bind jou eie boekies: plak die eerste en laaste bladsye op harde karton en lamineer vir duursaamheid en gebruik die skoon agterkante van die bladsye in die boekies vir die kind om op te skryf. ‘n Papier met lyne op, is ook beskikbaar op die web-werf. * Klik op Klankkaarte en lynepapier.

 
Die eerste stap in lees ...
Hierdie boekie is ideaal as eerste stap in leesonderrig vir alle voorskoolse kinders en skoolbeginners. Dit het pragtige, kleurvolle illustrasies deur die skrywer om hulle leesrigting en oog-dissipline vir lees aan te leer.
Sien Voorbeeld.
 

Kom ons klank … s-o-n! (21 bladsye)

(Let wel: Indien so verkies, kan hierdie veelkleurige illustrasies deur die skrywer met al die klanke in Afrikaans, ook as klankkaarte in die klaskamer vir Graad 1, 2 en 3 gebruik word.)

Bind dit in ‘n boekie vir pret-lees vanaf ouderdom 3-6 jaar. Kleuters sal die veelkleurige illustrasies geniet en terselfdertyd die beginsels van luister, klank en lees aanleer. Die skrif is kleutervriendelik en ook die lettertipe wat die beste werk vir kinders met disleksie.
Sien Voorbeeld.

 

Lees met klanke! Boek 1 (31 bladsye)

Hierdie boek leer kinders stap-vir-stap lees en skryf met klanke. Die skrif is kleutervriendelik wat ook die beste werk vir kinders met disleksie.Werkstakies vir elke leesles is ingesluit by elke lees-en-klank bladsy en ‘n aparte lynepapier is in hierdie reeks beskikbaar, vir invoeg en skryf op die blanko agterkante, om klanke vas te lê.
Sien Voorbeeld.

 
Takies by: Lees met klanke! Boek 1 (26 bladsye)
Hierdie boekie bevat 'n werkstakie vir elke bladsy in "Lees met klanke!" Boek 1, vir die skryfwyse en vaslegging van die klanke en vir bevordering van leestegniek.
Sien Voorbeeld.
 

Lees met klanke! Boek 2 (46 bladsye)

Hierdie boekie gaan voort op die beginsel van Boek 1, maar leer die kind lees en skryf met al die dubbel-klanke (ou, oe, ie, ens) en drie-klanke (aai, ooi,ens) in Afrikaans. Ander leestegnieke, soos om klanke te leer saamsmelt, oog-dissipline asook werkstakies, is ingesluit in die boekie.
Sien Voorbeeld.

 

Handleiding vir "Lees met klanke" Boek 1 & 2 (33 bladsye)

‘n Handleiding met wenke vir die onderwyser of ouer oor hoe om die kind met die hulp van die boekies stap-vir-stap te leer klank, lees, en skryf.  Wenke en idees vir elke bladsy in "Lees met klanke" Boek 1&2.
Sien Voorbeeld.

 

Baie vet is . . . (15 bladsye)

‘n Pret-leesboekie wat die uitdrukking van intensiewe vorme in die taal op ‘n pittige wyse aanbied. Flappies word ingesluit sodat jy jou eie flap-boekie kan maak. Pret vir Mamma en haar kleuter om ‘n projek saam aan te pak!
Sien Voorbeeld.

 
Klankkaarte en lynepapier (3 bladsye)

Kaarte met al die klanke in Afrikaans met een oogopslag en ‘n lynepapier om in die boekies te plaas vir skryf. Nuttig om vir elke kind in die klas op sy bankie beskikbaar te hê vir aanleer en vaslegging van die klanke. Plak op harde karton en lamineer vir duursaamheid.
Sien Voorbeeld.

 
Teen-oor-ge-stel-des (15 Bladsye)

Bind die boekie en leer kinders teenoorgesteldes m.b.v. die kleurvolle en prettige illustrasies deur die skrywer.
Sien Voorbeeld.



 
Home Page
About The Author
How To Improve Reading Ability
Available Resources
Frequently Asked Questions
Afrikaans: Lees Stap-Vir-Stap
French ABC & its Phonics
Ebooks
Order eBooks
Newsletter Archives
Contact The Author
 

 
 Listen to the phonics in "The Secret Of Phonics"


Please Allow A Few Seconds For Selected Content To Download
“But the LORD has become my fortress, and my God the rock in whom I take refuge. He will repay them for their sins and destroy them for their wickedness; the LORD our God will destroy them.”
(Psalm 94:22 - 23 - NIV).
Kindergarten Font© refers to the author's own handwriting
Content Copyright - Corina Becker - All Rights Reserved